GAUTENG. – Dwelmmiddels wat in ‘n kunswerk versteek was, is Saterdag op die OR Tambo- internasionale lughawe deur doeanebeamptes van SARS onderskep.
Volgens SARS is 23 kilogram dwelms met ‘n straatwaarde van R37 miljoen gedurende inspeksierondtes in ‘n vragskuur in ‘n boks gevind. Die boks was vir Nieu-Seeland bedoel. Die boks wat verdag voorgekom het, het kunswerke wat in vorms gegiet is, bevat. ‘n Dwelmtoetsstel is gebruik en van die kunswerke het positief vir 10 kg kristalmetamfetamien (tik) getoets.
Die SAPD het items positief vir 13 kg fentaniel getoets. Die dwelmmiddels is vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.
Edward Kieswetter, SARS-kommissaris, het die opsporing van die dwelms geprys.
“SARS Customs will spare no effort in stopping the export or import of narcotics and any illegal substance which cause so much pain and hardship for families, particularly their youth. Drug smugglers must know that our Customs Division is fully committed to this objective, and will act without fear or favour against those criminals involved in the drugs trade. They must know that they will face the full might of the law.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





