Gold One dank 400 werkers oor onwettige staking af

Lees ook :

Gold One dank 400 werkers af oor onwettige staking
Gold One dank 400 werkers af oor onwettige staking fotokrediet: Canva

Lees ook: Gold One-mynwerkers weer bogronds

SPRINGS. – Die Gold One-myn het 400 werkers afgedank na ’n onwettige staking wat verlede jaar plaasgevind het.

Die myn het die afgedankte werkers se name die week vrygestel. ’n Arbeidsdispuut het daartoe gelei dat meer as 500 werkers vir dae in ’n ondergrondse mynskag gebly het.

Die staking is gesien as ’n gyselaarsituasie met verskeie bestuurders en kontrakteurs wat glo teen hulle wil ondergrond gehou is.

’n Ondersoekbeampte wat ’n vorige gyselaarsituasie ondersoek het, is naby sy woning doodgeskiet en nog ’n mynbeampte is beseer tydens die tweede gyselaarsituasie.

Van die werkers het gesê hulle het nie geweet van die afdankings nie.

Bronne: Cape Talk, eNCA, SABC

Lees ook: Gold One-mynwerkers weer bogronds

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief