VAKANTE POS: Krediteure Klerk

Lees ook :

Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley, met vrugbare hoë potensiaal grond langs beide die Vaal- en Oranjerivier, onder spilpuntbesproeiing.

Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone met inisiatief en dryfkrag om in te pas by die reeds uitgesoekte bestuurspan wat die leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef. 

Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • Algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste;
  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie of senior sertifikaat met ‘n rekeningkundige agtergrond en rekenaargeletterdheid asook die nodige ondervinding van krediteure;
  • Vaardigheid in Excel en Navision is ‘n sterk aanbeveling;
  • U moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir akkurate boekstawing en verwerking van inligting t.o.v. transaksies van die afdeling, nl. aankoopbestellings, aankoopfakture en intergroep Transaksies (Hantering daarvan);
  • Hou by sperdatums vir voorlegging van verslae aan die betrokke bestuurders is ‘n belangrike vereiste;
  • Deurlopende verslaggewing aan bestuur;
  • Ten minste graad 12 met rekeningkunde as vak, maar ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien;
  • Ten minste 3 jaar toepaslike ondervinding;
  • ‘n Emosioneel volwasse persoon, wat onder druk goed funksioneer;
  • Goeie interpersoonlike vaardighede.  Moet kan saamwerk in ‘n administratiewe span.

Vergoeding:  ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur CV aan:

e-pos:  [email protected]

 Navrae: Theresa Lategan – 053 531 9725

Sluitingsdatum:  16 Februarie 2024

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

*ADVERTENSIE

Lees ook: Upgrade Your Home Security with Our State-of-the-Art Entry Monitor!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief