WINDHOEK, NAMIBIË. – Dennis Noa is gister in Windhoek aan die verkragting van ’n manlike pasiënt (18) in April 2021 skuldig bevind.
Noa het op 11 April 2021 tydens sy werksaamhede as leerlingdokter in die Katutura-staatshospitaal ’n manlike pasiënt wat breinbeserings gehad het, verkrag.
Volgens die staat was die pasiënt bewusteloos toe Noa hom die oggend van die verkragting na ’n konferensiesaal gestoot en verkrag het. ’n Fisioterapeut het later die dag tekens van verkragting by die pasiënt gesien.
Die verdediging het aangedui daar was volgens hulle nie genoegsame bewyse van verkragting nie, aangesien die staat gekies het om sekere uitslae nie aan die hof bekend te maak nie.
’n Datum vir betoë en vonnisoplegging is nog nie beskikbaar nie.
Bronne: Republikein, Kosmos 94.1





