Lees ook: Vrou in hegtenis wat glo Stanley Cups ter waarde van $2 500 steel
SECUNDA. – ’n Man se liggaam is die naweek gevind waar dit aan ’n boom naby ’n winkelsentrum op Secunda hang.
Die polisie het gesê dit is moontlik die man wat gesoek is vir die moord op Busisiwe Precious Mkhabela (39). Mkhabela is glo vroeër die maand deur haar kêrel op Secunda doodgesteek.
Persoonlike items insluitend ‘n ID, selfoon en klere soortgelyk aan dié wat deur die gesoekte man gedra is, is aan die man in die boom gevind,
Die polisie het DNS-toetse op die ontbindende liggaam laat uitvoer om sy identiteit te bevestig.
Bronne: SAPS
Lees ook: Vrou in hegtenis wat glo Stanley Cups ter waarde van $2 500 steel





