KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong vrou, vermoedelik in haar 20’s, is vroeër vandag, net na 08:00, in Pastollstraat in die Pinetown-area doodgeskiet.
Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics is die jong vrou kritiek beseer deur veelvuldige skietwonde.
Die slagoffer is gestabiliseer en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer waar sy aan haar beserings gesterf het.
Jamieson sê die omstandighede wat tot haar dood gelei het, is onbekend en word deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





