Sewe dood toe polisiebakkie en motor bots

Lees ook :

Foto: Riot Hlatswayo Facebook-blad

LIMPOPO. – Sewe persone, onder wie ‘n polisiekonstabel en ‘n verdagte, is dood toe ‘n Toyota-bakkie van die polisie en ‘n Renault-sedan Sondagoggend vroeg op die R101 tussen Mookgopong (Naboomspruit) en Mokopane (Potgietersrus) gebots het.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het twee passasiers van die polisievoertuig en vyf passasiers van die Renault gesterf. Ledwaba sê die identiteit van die oorledenes van die gru-ongeluk is met naasbestaandes bevestig.

Na bewering het die Renault reg van voor teen die polisiebakkie, wat onderweg na Mokopane was, gebots.

Konst. Makoela Mpetli (29), verbonde aan Naboomspruit-polisiestasie en Resemate William Ntemane (45), ‘n verdagte in hegtenis geneem vir beweerde aanklagte van aanranding en intimidasie, is vir aanhouding na Mokopane vervoer.

Ledwaba sê Gontse Hendrick Tlometsane (29), die bestuurder van die Renault, en Thabang Samuel Tlometsane (27), Klaas Sello Tlometsane (64), Kagiso Philimon Tlometsane (42) en Selaki Elizabeth Tlometsane (60), die passasiers wat almal oorlede is, is van Lefahleng-woonbuurt in Hammanskraal.

‘n Polisiesersant wat die polisiebakkie bestuur het, is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal gehaas.

Ledwaba sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar word ondersoek.

Florence Radzilani, die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het medelye teenoor die oorledenes se naasbestaandes uitgespreek.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief