Is jou kind deel van generasie Alfa?

Lees ook :

Is jou kind deel van generasie Alfa? Foto ter illustrasie: Canva

Indien jou kind tussen 2010 en 2024 gebore is, val hy of sy onder die nuwe generasie Alfa. Die jongste ouderdom van dié generasie is slegs ’n dag oud, terwyl die oudste groep vanjaar veertien word.

Hulle is generasie X se kinders en meestal generasie Z se sibbe. Volgens voorspellings gaan hulle teen 2025 amper twee biljoen wees, wat hulle die grootste generasie tot op hede sal maak.

Hier is wat hulle so uniek maak:

  • Hulle is tegnologies gevorderd. Dit wil voorkom of hulle met ’n tablet of selfoon in die hand gebore is. Hulle is ná die ontstaan van meeste sosiale netwerke gebore, dus is tegnologie deel van hulle daaglikse lewe. Verhoogde skermtyd verhoog hulle digitale geletterdheid.
  • Verdere voorspellings beweer hulle gaan langer studeer, later met loopbane begin en dus langer van hulle ouers afhanklik wees.
  • Hulle word op sosiale netwerke “groot”, maar hulle sosiale vaardighede is nie so gevorderd soos die vorige generasies s’n nie. Die rol van influencers sal hulle van kleins af soos ’n handskoen pas. Foto’s en video’s van al hulle mylpale word aanlyn gedeel – van hulle eerste treë tot hulle tienertantrums.  
  • Generasie Alfa is bevoorreg om die beste, nuutste en mees gevorderde hulpbronne en materiële ondersteuning tot dusver te hê. Dink maar aan kunsmatige-intelligensie-toepassings wat hulle met daai moeilike wiskundesomme of toesprake kan help!
  • Navorsing beweer kinders wat deel van generasie Alfa is, sukkel om lank te konsentreer en wil hê hulle behoeftes moet onmiddellik bevredig word.

Elke generasie kom met sy eie “reëlboek”. Lees op jou eie na oor generasie Alfa. Bly een stap voor om jou kind beter te verstaan.

Bronne: McCrindle, AECF, Axios

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief