GAUTENG. – Die polisie in Pretoria het Dinsdag op meer as R8 miljoen se vervalste goedere in Marabastad, Pretoria beslag gelê. Altesaam 12 verbode immigrante is in hegtenis geneem.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê die geïntegreerde verwyderingsoperasie is deur die nasionale eenheid vir vervalste goedere en nog rolspelers van gespesialiseerde eenhede, die departement van binnelandse sake, SARS, ‘n handelsmerkbeskermingmaatskappy sowel as sekuriteitsbeamptes, gelei.
Van Wyk sê die vervalste goedere waarop beslag gelê is, sluit skoene, pette en sakke in.
Twee weke gelede het dieselfde span op goedere ter waarde van R13 miljoen in die Johannesburgse middestad beslag gelê.





