KWAZULU-NATAL. – ‘n Beseerde man (23) is gistermiddag per Netcare 911-helikopter na ‘n hospitaal gevlieg nadat ‘n kollega per ongeluk in Oakford agteruit met ‘n watertenkwa oor hom gery het.
Volgens Reaction Unit South Africa is hulle lede omstreeks 16:00 na die toneel ontbied.
Met aankoms is gevind die beseerde man het ‘n pelvisfraktuur. Hy is op die toneel deur paramedici van Rusa en Netcare 911 gestabiliseer en toe vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal gevlieg.





