Kêrel moet jaar vir swanger meisie se statutêre verkragting sit

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Die kêrel (20) van ‘n swanger meisie (14) is Dinsdag in die De Aar-streekshof vir statutêre verkragting tot ses jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Volgens sers. Molefi Shemane het sers. Ilze Fan van De Aar-GKS op 9 November 2023 ‘n klagte van die Sunrise-kliniek van ‘n swanger meisie wat slegs 14 jaar oud is, ontvang.

Die slagoffer het tydens ondervraging gesê sy was in ‘n verhouding met die beskuldigde (20), haar kêrel. Tydens die ondersoek is die man in hegtenis geneem, aan statutêre verkragting skuldig bevind en nou gevonnis. Die beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam word in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring.

lt.genl. Koliswa Otolo, die provinsiale kommissaris van die provinsie, het bevestig geslagsgebaseerde geweld teen kwesbares in die gemeenskap sal steeds beveg word. Speur.sers. Ilze Fan is vir haar ondersoek wat tot die suksesvolle vonnisoplegging gelei het, geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief