Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Louis Liebenberg reageer oor Derick Hougaard in sy huis

Na mediaberigte oor die verbrokkeling van Nádine en Derick Hougaard se verhouding, verduidelik Louis Liebenberg Hougaard se teenwoordigheid in sy huis.

Foto; Skermgreep van video Louis Liebenberg YouTube
Foto; Skermgreep van video Louis Liebenberg YouTube

Louis Liebenberg het in ‘n video reageer op mediaberigte oor Nádine wat glo vir Derick Hougaard, oud-Springbokrugbyspeler, gelos het omdat hy by hom ingetrek het.

Liebenberg verduidelik hoe Hougaard by hom beland het. Liebenberg sê Hougaard was vir drie maande in ‘n rehabilitasiesentrum op Stellenbosch waar hy hulp op sy onkoste ontvang het en is daarna na sy ouers toe. Van daar het hy weer na Gauteng gevlieg en is blykbaar dadelik na ‘n apteek waar hy weer pille gekry het.

Volgens Liebenberg is hulle besig om te help om Hougaard se lewe te red en is hy na sy huis in Bronkhorstbaai geneem waar hy fisies opgepas word. Volgens die opname het Hougaard se dokters ook nie meer met hom raad nie.

Liebenberg het Nádine en Netwerk 24 om verskeie redes wat hy in die video noem na sy huis genooi.

Hougaard kan in ‘n stadium in die video gesien word waar hy op ‘n bank sit en aan ‘n sigaret teug. Toe hy gevra is of hy iets wil sê, het hy geswyg.