DA gaan klagte van minagting lê teen ANC oor kaderrekords

Lees ook :

DA gaan klagte van minagting lê teen ANC oor kaderrekords
DA gaan klagte van minagting lê teen ANC oor kaderrekords fotokrediet: Canva

Lees ook: Vandag is laaste dag om te registreer om te stem – OVK

PRETORIA. – Die DA-leier, John Steenhuisen, het gesê hy gaan klagtes van minagting teen die ANC maak omdat hulle nie die volledige rekords van die kaderontplooiingskomitee aan hulle oorhandig het nie.

Hy het gesê die rekords wat hulle die week ontvang het, het inligting gekort, wat teen die hofbevel is.

Steenhuisen het bygevoeg daar was geen rekords van die kaderontplooiingskomitee van die tydperk toe Ramaphosa die hoof daarvan was nie. Ramaphosa was van Desember 2012 tot 2017 aan die hoof van die komitee.

Steenhuisen het ook onthul daar was geen WhatsApp-boodskappe of e-posse van Ramaphosa in die rekords wat hulle ontvang het nie.

Hy het gesê hulle het die ANC beveel om al die rekords te oorhandig of hulle gaan die party aankla van minagting van die hof met die doel om die ANC-sekretaris, Fikile Mbalula, tronk toe te stuur.

Die ANC het reageer deur te beweer hulle het al die rekords wat hulle gehad het aan die DA oorhandig soos hulle beveel is.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, Polity

Lees ook: Vandag is laaste dag om te registreer om te stem – OVK

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief