UPINGTON, NOORD-KAAP. – ’n Ondersoekdossier is by die Upington-SAPD geopen nadat Breyton Square (25) na bewering by die plaaslike munisipale swembad verdrink het.
Square was glo saam met sy vriende by die swembad toe hulle later opgemerk het hy is weg. Die lewensredder is in kennis gestel, waarna Square se liggaam onder die water gevind is.
Nooddienste is na die toneel ontbied, maar Square is dood verklaar. ‘n Ondersoek na die oorsaak van sy dood word gedoen.
Bronne: Gemsbok, SAPD





