SUID-AFRIKA. – Dennis Noa (29), die Namibiese leerlingdokter wat op 22 Januarie 2024 vir die verkragting van ‘n manlike breinbeseerde pasiënt by ’n hospitaal op Katutura skuldig bevind is, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Die pasiënt (18) was glo nie by sy bewussyn toe hy op 11 April 2021 verkrag is nie. Hy is deur Noa na ’n konferensiesaal gestoot en volgens inligting verkrag. ’n Fisioterapeut het later tekens van verkragting by die slagoffer opgemerk.
Verskeie ooggetuies het Noa as die laaste persoon by die slagoffer geïdentifiseer. Noa het aanvanklik die skuld op ’n hospitaalportier probeer plaas.
Noa is deur James Diedericks en McLeod-Janser verdedig.
Nuusflits het só daaroor berig.
Bronne: Kosmos 94.1, The Namibian





