Kyk: Kulkunstenaars van Baai flous by Fool Us

Lees ook :

Li Lau en Brendon Peel. Foto: CW

VSA. – Brendon Peel en Li Lau, twee Suid-Afrikaanse kulkunstenaars uit Gqeberha, het die beoordelaars van die Fool Us-reeks in Amerika met een van hulle eie toertjies geflous. Die episode is verlede naweek in die VSA uitgesaai.

Penn Jillette en Teller, beoordelaars van die Fool Us-reeks, is bekend vir hulle gewilde toertjie “Bullet Catch”. Peel en Lau het hulle eie weergawe van die toertjie gedoen en dit reggekry om die beoordelaars te flous.

Penn en Teller kon nie die toertjie uitpluis nie. Peel en Lau het ’n tweerand-muntstuk wat deur die aanbieder Brooke Burke geteken is, asook ’n kettie as hulpmiddels gebruik. Die muntstuk kom uiteindelik aan die einde van die vertoning uit Lau se neus uit.

Omdat Peel en Lau die beoordelaars kon flous, gaan hulle na Las Vegas waar hulle deel van Penn en Teller se kulkunsvertoning by die Rio-hotel en -casino gaan wees.

Kyk hier na die vertoning:

Bronne: Lifestyle & Tech, IOL, YouTube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief