Alle grondboontjiebotter en -verwante produkte moet getoets word

Lees ook :

Foto: Nasionale Verbruikerskommissie en Canva

Lees ook: https://nuusflits.com/woolworths-herroep-grondboontjiebotterroomys/

NASIONAAL. – Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het ‘n kennisgewing aan alle vervaardigers en verskaffers van grondboontjiebotterprodukte uitgereik om alle produkte vir verhoogde vlakke van aflatoksien te toets.

Dit sluit nie net grondboontjiebotter in nie, maar ook produkte wat grondboontjiebotter as basis het. Dit is produkte soos onder andere sjokolade, lekkers, koekies, roomys en grondboontjiebottersmere. Toetsresultate moet binne twee weke deur verskaffers aan die kommissie voorsien word.

Verskaffers is ook versoek om ‘n Sertifikaat van Beheer oor Gevaarlike Stowwe voor te lê. Verskaffers wat produkte voorsien wat grondboontjies bevat, is ook kennis gegee om ondersoek in te stel en resultate te voorsien.

Produkte met hoë vlakke van aflatoksien kan naarheid, braking en maagpyn versoorsaak.

Indien produkte onveilig bevind word, moet onmiddellike aksie geneem word. Die produkte moet van rakke verwyder word en verbruikers moet in kennis gestel word. Protokol vir die produkte se “terugroep” moet verskaf word.

Hierdie kennisgewing kom kort nadat sekere grondboontjiebotters vir verbruikers by sekere kettingwinkels verwyder is en ‘n soort roomys kort daarop gevolg het.

Lees die volledige verklaring van die Nasionale Verbruikerskommissie hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief