Lees ook: Israel oorweeg skietstilstand
VSA. – President Joe Biden het gesê ’n nuwe skietstilstand tussen Israel en Hamas kan so vroeg as Maandag in werking tree.
Israel het gister ingestem tot ’n nuwe skietstilstandooreenkoms wat ses weke sal aanhou. 400 Palestynse gevangenes sal vrygelaat word in ruil vir 40 Israeliese gyselaars.
Die ooreenkoms moet nou deur Hamas oorweeg word.
Biden het gister gesê hy hoop daar sal ’n skietstilstand wees teen volgende Maandag en hulle is “naby maar nog nie klaar nie”.
Die Israeliese eerste minister het gesê enige skietstilstand sal nie verhoed dat hulle Rafah inval nie, want hy sê dit is nodig om “totale oorwinning” oor Hamas te kry. Hamas het tot Ramadan tyd om gyselaars vry te laat, anders word Rafah ingeval.
Bronne: Gulf Today, Algoa FM, CBS News
Lees ook: Israel oorweeg skietstilstand





