Lees ook: Israel stel Ramadan as sperdatum vir aanval op Rafah
ISRAEL. – Israel het gesê hulle oorweeg ’n skietstilstandooreenkoms met Hamas na samesprekings in Parys.
’n Nuwe ooreenkoms is voorgestel wat ’n ses week skietstilstand in Gaza sal beteken in ruil vir die vrylating van 40 gyselaars.
Israel sal tot 400 Palestynse gevangenes vrylaat in die nuwe ooreenkoms. Die Israeliese weermag sal nie onttrek nie, maar elders aangewend word.
Israel het gesê hulle wag vir terugvoer van Hamas, maar gaan voort met hulle planne om Rafah teen Ramadan in te val.
Bronne: BBC, ABC News, The Star
Lees ook: Israel stel Ramadan as sperdatum vir aanval op Rafah





