Polisiehoofkantoor ontruim – maatreëls in plek om diens te verseker

Lees ook :

Foto: Solidariteit

NASIONAAL. – Die SAPD het maatreëls in plek gesit sodat diens moet voortgaan, nadat na ‘n kennisgewing Dinsdag vir die administratiewe gebou Telkom Towers in die Pretoria-middestad uitgereik is oor die veiligheid en welstand van die lede.

Brig. Athlenda Mathe sê genl. Fannie Masemola het alle personeel wat in die 24 vloer gebou geakkommodeer word opdrag gegee om dit te ontruim.

Die kennisgewing is Dinsdag deur ‘n gebou-inspekteur van die departement van indiensneming en arbeid weens geïdentifiseerde tekortkominge uitgereik.

Mathe sê die gebou huisves personeel van ondersteuningsafdelings en komponente wat ‘n mandaat het om administratiewe ondersteuning aan operasionele afdelings te voorsien. Hierdie dienste sal nou vanaf alternatiewe persele funksioneer. Die polisie is besig met die departement van openbare werke en infrastruktuur wat na die herstel en instandhouding van staatsfasiliteite moet omsien.

“Kernpolisiëring is nie deur die tydelike sluiting van die kantore geaffekteer nie,” sê Mathe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief