Polisie-hoofkantoor weens haglike toestande ontruim en gesluit

Lees ook :

Foto: Solidariteit

NASIONAAL. – Die nasionale hoofkantoor van die polisie by Telkom Towers in Pretoria se middestad is gister ontruim nadat daar bevind is dit is ongeskik vir menslike gebruik.

“Die gebou moet tot verdere kennisgewing gesluit bly tensy ‘n inspeksie dit opnuut veilig verklaar.”

Johan Böning, die afdelingshoof van Solidariteit se beroepsgesondheid en-veiligheid het die gebou saam met ‘n inspekteur van die departement van arbeid besoek nadat verskeie klagtes ontvang is en op navraag geen antwoorde deur die polisie verskaf is nie.

Die klagtes wat ontvang is, sluit ‘n tekort aan drinkwater, probleme met lugversorging en ventilasie, stukkende en vuil toilette, nooduitgange wat gesluit en ongemerk is, stukkende hysbakke, tekort aan brandbestrydingsapparate, vuil kantore, lugwegsiektes, allergiese reaksies en nog meer in.

Dit is die gebou waar Bheki Cele, die polisieminister en genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van polisie, ook kantore het. Cele se kantoor, wat op die boonste vloer is, is opgegradeer en nuut en aandag is aan sekuriteit en beveiliging geskenk.

Die 24 ander vloere is in ‘n haglike toestand gevind. Die gebou is agt jaar gelede teen R900 m. deur die polisie aangekoop en opgeknap.

Die vereiste okkupasiesertifikate of goedkeuring van die brandweer ontbreek. Eers nadat dit in orde is, mag die deure van hierdie hoofkantoor weer vir werkgewers en werknemers oopgemaak word.

“So wat is nou eintlik die prioriteite, ANC-politiek of die veiligheid van landsburgers? Ek dink die antwoord is voor die hand liggend. Én dit is ‘n baie ernstige saak. Die impak op werkersmoraal in die SAPD en die effek daarvan op misdaadbekamping is baie erg,” sê Renate Pieterse, die netwerkkoördineerder van die openbare bedryf by Solidariteit.

Lees Solidariteit se volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief