Twee buitelanders in hof vir ‘mensehandel’

Lees ook :

Twee buitelanders vas vir ‘mensehandel’. Foto ter illustrasie: Canva

POLOKWANE, LIMPOPO. – Twee mans is Woensdag in Morebeng in hegtenis geneem terwyl hulle na bewering 24 onwettige Ethiopiese immigrante in die land wou insmokkel.

Die verdagtes is op die R81 net na die Beitbrug-grenspos vasgetrek terwyl hulle vermoedelik na Gauteng onderweg was. By nadere ondersoek het die SAPD die 24 ongedokumenteerde immigrante versteek in ’n Toyota Fortuner en Hyundai H1 gevind.

Al die immigrante is tussen die ouderdom van 18 en 40. Voorlopige ondersoeke dui op die moontlikheid van ’n smokkeloperasie.

Die 24 immigrante sal vir oortreding van die immigrasiewet aangekla word, terwyl die drywers deur bykomende klagte van mensehandel in die gesig gestaar word.

Volgens lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, is die inhegtenisnemings ’n duidelike bewys van die ernstige optrede van die SAPD teenoor mensehandel en uitbuiting.

Die verdagtes sal vandag in die Morebeng-landdroshof verskyn.

Foto: SAPD

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief