Lees ook: AKA-verdagte beweer hy word ‘sleg behandel’ in die tronk
DURBAN. – Kiernan (AKA) Forbes se pa, Tony, het gesê hy glo die persoon wat sy seun se moord gereël het, is nog nie gevang nie.
Forbes was gister by die hof tydens die verskyning van vyf verdagtes in hegtenis vir die moord op AKA en Tebello (Tibz) Motsoane.
Die polisie het gesê die meesterbrein agter die moorde is een van die sewe verdagtes wat in hegtenis geneem is. Volgens hulle is die persoon wat AKA gevolg het van die lughawe na sy hotel en na die restaurant die een wat die moord gereël en betaal het.
Forbes het gesê hy glo nie dié verdagte was die meesterbrein nie en het gevra waar die geld vandaan kom wat die verdagte glo ontvang het en met die ander ses verdagtes gedeel het.
Bronne: EWN, The Citizen, Nehanda Radio
Lees ook: AKA-verdagte beweer hy word ‘sleg behandel’ in die tronk





