Cholera-medisyne raak op te midde van uitbrake

Lees ook :

Cholera-medisyne raak op te midde van uitbrake
Cholera-medisyne raak op te midde van uitbrake fotokrediet: Canva

Lees ook: Mauritius laat passasierskip vasmeer na cholera-skrik

Die WGO cholera-spanleier, Philippe Barboza het vanoggend gesê drie lande het die week cholera-uitbrake aangekondig. Altesaam 22 lande regoor die wêreld veg tans teen cholera.

Hy het gesê die medisyne om die siekte te behandel, is besig om op te raak. Slegs 37 miljoen dossise was in 2023 beskikbaar. Meer sal waarskynlik in 2024 nodig wees soos die lande waar die virus voorkom, vermeerder.

Hy het gesê die WGO vra mense om ‘n $25 miljoen-fonds te ondersteun om teen die uitbreking van cholera te veg en om lewens te red.

Faktore wat die uitbreek van cholera kan veroorsaak, sluit klimaatsverandering, armoede en ‘n gebrek aan skoon water en higiëne in.

Twee kinders is die week in Mosambiek met cholera geïdentifiseer. Sowat 5 237 mense in Mosambiek het vermoedelik cholera en 37 is aan die siekte oorlede.

Altesaam 26 000 gevalle en 660 sterfgevalle is sedert 29 Januarie in 10 Afrika-lande aangemeld. Cholera kom tans ook in Malawi, Ethiopië, Kenia, Somalië, Pakistan en Indië voor.

Bronne: CIDRAP, UN News, STAT

Lees ook: Mauritius laat passasierskip vasmeer na cholera-skrik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief