Meer as R8 m. se vervalste goedere in Rustenburg gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Die polisie het Donderdag vervalste goedere ter waarde van meer as R8 miljoen en R30 000 in kontant in Rustenburg gekonfiskeer.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê polisielede van verskeie eenhede, die departement van inkomste, doeane, sekuriteitsbeamptes en Brand Protectors was by die operasie betrokke.

Inligting van verskeie winkels wat in Rustenburg in vervalste goedere handel dryf, is ontvang en ‘n soek-en-beslagleggingslasbrief is uitgereik. Klere, skoene, pette en sakke is gekonfiskeer. Twee verdagtes sal vir die oortreding van die wet op vervalste goedere en die immigrasiewet aangekla word.

Van Wyk sê die polisie en verskeie rolspelers het sedert November 2023, toe die eenheid gestig is, tot op hede, op meer as R200 miljoen se vervalste goedere en R1 miljoen in kontant beslag gelê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief