Jason Farao van Matjiesrivier het op 17 Junie 2022 by ‘n huis ingebreek waar hy sy identiteitsdokument in ‘n sak agtergelaat het toe hy gevlug het. Die Oudtshoorn-streekhof het hom 16 jaar tronkstraf opgelê.
Oudshoorn Courant berig hy het tydens die inbraak ‘n persoon met ‘n mes gedreig en sonder sy sak gevlug. Hy het op 8 Oktober van dieselfde jaar ook by Primêre Skool Voorbedacht ingebreek.
Farao is vir twee klagtes van inbraak en ‘n klag van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind. Hy is op nog drie klagtes vrygespreek.
Vir aanklag twee en drie waar hy by die huis ingebreek en ‘n persoon met ‘n mes gedreig het, is hy vir, huisbraak en roof tot 10 jaar gevonnis. Op aanklag twee, vir die inbraak by die skool, is hy tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis.
Bron: Oudtshoorn Courant en Caxton Network News (Citizen)





