WES-KAAP. – In die soektog na die steeds vermiste Joslin Smith (6) is kledingstukke wat na bewering bloed op het laasnag in ‘n oop veld gevind. Sy is sedert Maandag 19 Februarie vermis.
Lt.kol. Malcolm Pojie sê die soektog na die vermiste meisie is uitgebrei met die gebruik van hommeltuie en reddingshonde in die area.
Die ondersoekspan was by die toneel waar die klere as deel van die deurlopende ondersoek gekonfiskeer is.
Die klere sal vir analise na die polisie se forensiese laboratorium gestuur word.
Pojie sê die soektog na Joslin Smith duur voort en nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.





