Romay van Rooyen se moordenaar 20 jaar tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Women For Change

WES-KAAP. – Cassidy Hartzenberg, die neef van wyle landdros Romay van Rooyen, wat op 10 September 2022 vermoor in haar huis in Marina Da Gama gevind is, is effektief tot 20 jaar in die tronk vir haar moord gevonnis.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê Van Rooyen was ‘n voormalige aanklaer by die kantoor van die direkteur van openbare vervolging voordat sy ‘n landdros geword het.

Op die oggend van 10 September het haar suster, nadat sy nie haar oproepe geantwoord het nie en dié ondersoek ingestel het, op haar liggaam afgekom. Hartzenberg, die beskuldigde, was 18 tydens haar dood en het saam met almal by haar afsterwe by haar begrafnis getreur.

Ntabazalila sê Hartzenberg, wat ‘n dwelmgebruiker was en geld van die oorledene geëis het, het haar verwurg toe sy weier om vir hom geld te gee. Tydens sy pleit- en vonnisooreenkoms het hy bevestig sy het hom en sy familie finansieel en emosioneel bygestaan.

Op die dag van haar dood het hy haar besoek en geld gevra. Sy het geweier en na haar kamer gegaan. Hy is agter haar aan en met haar rug na hom toe het hy haar begin wurg. Sy het vir haar lewe geveg. Hartzenberg sê hy kon nie stop nie en kon nie sy woede beheer nie.

Toe sy val, het hy sitkamer toe gehardloop en wou vir hulp bel, maar haar selfoon was gesluit. Hy het nie ‘n foon gehad nie en het hare op die kombuisvloer stukkend gegooi. Hy het tot die volgende oggend by haar liggaam gebly, waarna hy met haar voertuig gery het. Die voertuig is later in Jakes Gerwel-laan gelaat. Hartzenberg het voorts erken hy het geweet wat hy doen is verkeerd, maar moes volgens hom aanhou todat sy opgehou het om terug te baklei.

Deur vonnisoplegging is die beskuldigde bewus gemaak van hoe ernstig die howe misdade teen kwesbare mense in die gemeenskap sien. Hy is vir moord direk 20 jaar gevonnis en vir diefstal van ‘n motorvoertuig ses jaar wat gelyktydig uitgedien moet word, wat beteken hy sal vir 20 jaar moet sit.

Adv. Nicolette Bell, die direkteur vir openbare vervolging in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom, maar sê dit is ‘n hartseer dag omdat Van Rooyen se eie neef vir haar moord gevonnis is. Veral omdat sy ‘n slagoffer was van ‘n misdaad waateen sy baklei het – misdade teen vroue en kinders, waarvoor sy die skuldiges tronk toe gestuur het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief