PARYS, FRANKRYK. – Rachel Kolisi het foto’s gedeel van die eerste modevertoning wat sy die naweek in Parys, Frankryk, bygewoon het.
Volgens Kolisi het die ontwerper Stella McCartney nie teleurgestel nie. “Sy is ’n merkwaardige sterk vrou. Dit is oral oor haar handelsmerk te sien. Wat ’n eer om genooi te kon wees!” het Kolisi op haar Facebook-blad geskryf.
Lesego Tlhabi het Kolisi se stilering gedoen terwyl Jonathan Ferreira die oomblik op kamera vasgelê het.
Bronne: Facebook, Instagram





