Hierdie maklike fudge-resep lewer 50 blokkies en is geskik vir enige geleentheid. Susan Mitchell het die resep in 1958 by ’n vriendin gekry.
BESTANDDELE:
385 g blik kondensmelk
1 kondensmelkblik water
45 ml (3 e) gouestroop
125 g botter of margarien
1,2 kg (6 k) suiker
45 ml (3 e) koekmeelblom
2 ml sout
2 ml kremetart
5 ml (1 t) vanieljegeursel
5 ml vanieljegeursel
METODE:
- Kook die kondensmelk, water, stroop en botter saam in ’n groot kastrol.
- Meng die suiker, meel, sout en kremetart by die stroopmengsel.
- Kook 20-30 minute stadig en roer af en toe.
- Kook totdat die mengsel begin verdik en sagte borrels vorm.
- Verwyder vanaf die hitte en voeg geursel by.
- Laat effens afkoel en klop tot romerig.
- Giet in ’n gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 32 cm. Sny in blokkies sodra dit begin stol.
Bron: Ons Kookboek – Susan Mitchell (Human & Rousseau)





