Eerste uitbetaling gemaak vir aanmeld van onwettige vuurwapen

Lees ook :

Eerste uitbetaling gemaak na die aanmeld van ’n onwettige vuurwapen. Foto ter illustrasie: Canva

WES-KAAP, SUID-AFRIKA. – Die Wes-Kaapse regering het bevestig die eerste uitbetaling is vir die aanmeld van ’n onwettige vuurwapen gemaak.

Volgens Reagen Allen, Wes-Kaapse minister van polisietoesig en gemeenskapsveiligeid, is R3 000 op 28 Februarie 2024 aan ’n begunstigde uitbetaal. Die persoon het in Desember 2023 ’n onwettige vuurwapen by die Gansbaai-polisiestasie aangemeld.

Die polisie het op die wenk gereageer en na bewering ’n .38-rewolwer saam met 2 x 9 mm-rondtes by die verdagte gevind. Volgens die SAPD sal die verdagte op 27 Maart 2024 weer in die hof verskyn. Indien die verdagte skuldig bevind word, sal die begunstigde ’n verdere R2 000 ontvang.

Die publiek kan die besit van onwettige vuurwapens aanmeld deur 021 466 0011 te skakel.

Bronne: Wes-Kaap Regering, SAPD, EWN, Cape Town ETC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief