NOORD-KAAP. – Hendrik Losper (33) is gister deur die Upington-streekshof vir sewe jaar tronk toe gestuur vir aanranding met die doel om ernstig te beseer van ‘n vrou (25) en ‘n kleuter (3) op Keimoes.
Volgens sers. Timothy Sam het Losper die vrou op 15 Maart 2023 in die Kariskamp-woonbuurt aangerand. Die kleuter wat aan haar ma geklou het, is ook geslaan.
Die vonnis sal direk uitgedien word en Losper is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Lt.genl. Koliswa Otola het die ondersoekbeampte, sers. Jurie Charld Mokgalagadi, vir sy ondersoek en versekering van ‘n suksesvolle vonnisoplegging, geprys.





