KYK: Gyselaarsdrama by McDonalds in Berea

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Drie werknemers van McDonalds-restaurant in King Dinuzulustraat in Berea is gistermiddag met ‘n mes aangehou. ‘n Gewese vroulike werknemer (38) is op die toneel in hegtenis geneem.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê die polisie moes ‘n skokgranaat gebruik om die slagoffers te bevry. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Sy is vir mediese waarneming onder polisiebewaking in die hospitaal.

‘n Saak van ontvoering word ondersoek.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê verskeie oproepe vir hulp is omstreeks 13:30 ontvang. Met aankoms op die toneel was die SAPD en ander rolspelers reeds teenwoordig en die toneel afgekordon. Paramedici is strategies, weerskante van die gebou, geplaas vir indien enige beserings opgedoen sou word. Die polisie het net voor 16:30 beheer van die toneel oorgeneem. Die verdagte en drie slagoffers is geassesseer en op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese bystand na ‘n hospitaal vervoer is.

Bronne: SAPD en ALS Paramedics

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief