Lees ook: Israel boikot skietstilstandsameprekings na Hamas weier om name van lewende gyselaars te gee
PRETORIA. – Suid-Afrika het gister weer aansoek gedoen by die internasionale geregshof dat nuwe reëls op Israel afgedwing moet word oor die “uithongering” van die mense in Gaza.
Die regering het gesê dit het gevoel dis nodig om weer hof toe gaan met die nuwe feite oor Israel se aanvalle op Gaza wat veroorsaak dat mense van die honger doodgaan.
Hulle het gesê die aansoek is dalk “die hof se laaste geleentheid om die mense in Gaza te red”. Pretoria het gevra die hof moet die lande beveel om “dadelik” op te hou baklei. Hulle het gevra die gyselaars moet vrygelaat word en Israel moet hulp na Gaza toelaat.
Die gesondheidsministerie in Gaza het gesê minstens 18 mense is aan honger dood sedert 7 Oktober.
Bronne: ECR, CNN, US News
Lees ook: Israel boikot skietstilstandsameprekings na Hamas weier om name van lewende gyselaars te gee




