WES-KAAP. – Joshlin Smith (6) is steeds vermis, maar vier verdagtes, onder andere haar ma Kelly, het vanoggend om 09:00 in die Vredenburg-landdroshof verskyn.
Die vier verdagtes, Kelly Smith, Jacquen Appollis (Boeta), Stevenso van Rhyn en die beweerde sangoma, Phumza Sigaqa, het op klagte van mensehandel en ontvoering voorgekom. Die saak is tot 13 Maart uitgestel sodat regshulp verkry kan word. Al vier die verdagtes bly in aanhouding.
Volgens eNCA video-berriggewing hier bo ingesluit is die vermiste Joshlin Smith glo vir R20 000 verkoop.
Volgens ‘n verklaring van brig. Novela Potelwa sou lt.genl. Patekile, die provinsiale polisiekommissaris en LUR Reagen Allen, die hofverrigtinge bywoon.
Flitsnuus het polisiekommentaar gevra.
Joshlin Smith (6) van Diazville is sedert 19 Februarie op Saldanhabaai vermis. Die soektog na haar duur steeds voort.
Intussen was daar gisteraand ook ‘n soektog in Mosselbaai, nadat daar aanmeldings was van individue wat Joslin glo sou gesien het.
Dirk Kotzé, die burgemeester van Mosselbaai, het gesê: “Mosselbaai-munisipaliteit het kennis geneem van politieke aansprake op sosiale media dat die vermiste Joslin Smith van Saldanha na bewering in die Mosselbaai-omgewing opgemerk is.
“Die bevelvoerder van KwaNonqaba-polisiestasie, lt.kol. Julius, het bevestig dat die SAPD, wat die mandaat het om hierdie uitsprake op te volg en te ondersoek, van die beweringe kennis geneem het.
“Die SAPD het bevestig dat verdagtes vir die verdwyning van die vermiste sesjarige Joshlin in hegtenis geneem is en Donderdagoggend 7 Maart in die Vredenburg-landdroshof sal verskyn.
Die Justice for Rev. June Dolley Major and for all Victims / Survivors of Abuse Facebook-blad het die volgende plasing met foto’s vanuit die Vredenburg-landdroshof gemaak:
UPDATE ON COURT CASE REGARDING JOSLIN SMITH
The 4 accused are Joslin’s Mom Kelly Smith, her boyfriend Jacquen Appollis (Boeta), their friend Steveno van Rhyn, and the alleged sangoma, Phumza Sigaqa.
Charges against the four are trafficking in persons and kidnapping. They have officially been charged. All applied for legal aid.
The four remain in custody. Case is postponed to 13 March 2024 God willing.
Bronne: eNCA, Justice for Rev. June Dolley Major and for All Victims/Survivors of Abuse en Dirk Kotzé Mosselbaai-burgemeester





