Lees ook: CIPC-webtuiste in kurberaanval geteiken
CIPC het vanoggend aan ITWeb bevestig hulle IT-stelsels is weer aan na ’n kuberaanval.
Die CIPC het die IT-stelsels afgesit na ’n kuberaanval plaasgevind het om drie miljoen mense se data te probeer steel. Kliënte wat geregistreer is by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir vreemde boodskappe en aktiwiteite op hulle rekeninge.
Addresse, kredietkaartinligting, ID-nommers en name van besighede en maatskappye is moontlik gesteel.
Die IT-stelsels is gister van lyn afgehaal om die sekuriteitsmaatreëls te verbeter en die stelsels op te dateer.
’n Nuwe verifikasiestelsel is ingestel om mense se inligting te beskerm. Dit moet nog bevestig word of enige inligting gesteel is.
Bronne: ITWeb, BusinessTech, Cape Town ETC
Lees ook: CIPC-webtuiste in kurberaanval geteiken





