Brekende Nuus
Afrikaans

Nasionale taxivereniging waarsku oor groter staking

Thembisa, Thokoza, Germiston, Benoni, Katlehong en Vosloorus word deur die staking geraak.

Nasionale taxivereniging waarsku oor groter staking

fotokrediet: Canva
Nasionale taxivereniging waarsku oor groter staking fotokrediet: Canva

Lees ook: SA-weermag glo op bystand vir staking

EKURHULENI. – Daar is vandag ’n taxistaking in Ekurhuleni wat talle mense gestrand gelaat het. Die woordvoerder vir die National Taxi Alliance het gesê die staking gaan oor buskontrakte en roetes in die stad.

Thembisa, Thokoza, Germiston, Benoni, Katlehong en Vosloorus word deur die staking geraak.

Volgens die taxivereniging se woordvoerder, Theo Malela, voel die taxibedryf hulle moet minstens 30% van die buskontrakte ontvang, want hulle het die roetes ontwikkel waarop busse nou ry.

Malele het gesê as die owerhede nie instem nie, gaan die staking nasionaal plaasvind en groter raak.

Die National Taxi Alliance het wel om verskoning gevra aan die pendelaars wat deur die staking gestrand gelaat is.

SANTACO het gesê die staking is oor ’n argument tussen taxidrywers en privaat sekuriteitsmaatskappy wat die taxi-industrie as patrolleerders gebruik.

Bronne: IOL, EWN, Jacaranda FM

Lees ook: SA-weermag glo op bystand vir staking