OOS-KAAP. – ‘n Verdagte (52) van Oos-Londen het gister in die hof voorgekom nadat hy Dinsdag vir die beweerde besit van kinderpornografie, die verspreiding daarvan, toegang daartoe, die aflaai daarvan en die fasilitering van ‘n kind om dit te sien in hegtenis geneem is.
Kol. Priscilla Naidu sê die inhegtenisneming volg na ‘n voortdurende operasie deur die polisie se reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenheid (Seci) en die Department of Homeland Security Investigations van die VSA-ambassade waartydens aanlyn seksuele misdadigers geteiken en in hegtenis geneem word.
Naidu sê honderde kinderpornografiese foto’s is deur ‘n forensiese ondersoeker op die verdagte se elektroniese toerusting gevind. Selfone, skootrekenaars en ander elektroniese toerusting is gekonfiskeer.
Die verdagte het gister in die Oos-Londen-landdroshof verskyn en sal tot 14 Maart in aanhouding bly wanneer ‘n borgaansoek angehoor sal word.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene het die inhegtenisneming geprys en gesê: “The arrest of this sexual predator marks a significant step in our ongoing efforts to protect our community’s most vulnerable members from exploitation and abuse. Those who engage in such reprehensible activities will be held accountable to the fullest extent of the law.”





