JK Rowling by polisie aangegee oor beweerde haatmisdaad

Lees ook :

JK Rowling by polisie aangegee oor beweerde haatmisdaad
JK Rowling by polisie aangegee oor beweerde haatmisdaad fotokrediet: Facebook

Lees ook: Waarskuwings oor beweerde terroristeaanvalle vir Rusland uitgereik

VK. – JK Rowling is gister by die Britse polisie aangegee deur ‘n transgender persoon wat gesê het sy is die verkeerde geslag deur die skrywer genoem.

India Willoughby, Brittanje se eerste transgender nuuspersoon, het Rowling beskuldig van ‘n haatmisdaad oor opmerkings wat sy Maandag op X geplaas het.

Daar was ‘n bespreking oor ‘n slegs-vroulike aantrekkamer waarin Rowling die feit dat transvrouens daarin toegelaat word, gekritiseer het.  Sy het Willoughby genoem en geweier om Willoughby ‘n vrou te noem. Rowling het gesê sy glo Willoughby is “net ‘n man wat sy vrou-hatende idee van wat hy dink vrou beteken uitbeeld”.

Willoughby het gesê Rowling het definitief ‘n haatmisdaad gepleeg deur haar ‘n man te noem.

Rowling het gesê Willoughby het blykbaar vergeet van ‘n beslissing waarin dit “vasgestel is dat geslagkritiese sieninge deur die wet beskerm kan word”.

Bronne: WION, Evening Standard, Fox News

Lees ook: Waarskuwings oor beweerde terroristeaanvalle vir Rusland uitgereik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief