Polisie ondersoek voorval waarin huishulp glo deur honde doodgebyt is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die polisie onder leiding van die provinsiale polisiekommissaris ondersoek ‘n geregtelike doodsondersoek en die omstandighede daarvan nadat Tryphinah Elizabeth Mngomezulu (65) Saterdag in Secunda oorlede is nadat sy glo deur honde aangeval is.

Kol. Donald Mdhluli sê die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied waar Mngomezulu as huishulp gewerk het. Haar lewelose liggaam is deur haar werkgewers ontdek. Sy is op die toneel dood verklaar.

Gedurende die ondersoek tot dusver is beslag op ‘n CCTV-opname gelê. Daar was nie beurtkrag tydens die insident nie. Die DBV het die honde wat na bewering in die aanval betrokke was Sondag uitgesit nadat inligting van die ondersoek ontvang is.

Die voorlopige ondersoek, wat steeds voortduur, dui daarop dat Mngomezulu deur die honde aangeval is terwyl haar werkgewers nie tuis was nie. Daar is nog geen uitsluitsel in die voorlopige ondersoek nie. Enigiemand met deurslaggewende inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om na vore te kom. Inligting kan anoniem verskaf word.

There is no way that we can allow a situation to be influenced and be misdirected from the truth hence the need for an investigation to be conducted. The investigation should be objective so that the truth of what has transpired is made known. We plead with the family as well as members of the public to allow a space for the Investigation team to do their work diligently and not compromise the integrity of this investigation,” sê lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela wat die oorledene se familie van ‘n behoorlike ondersoek verseker het.

Lees ook hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief