Verdagte in hof vir mensehandel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GEORGE. – Patience Precious Abudu (33) is Donderdag op aanklag van mensehandel in die Strand in hegtenis geneem. Sy het Vrydag in die George-landdroshof verskyn, waarna die saak uitgestel is.

Lt.kol. Siyabulela Vukubi sê twee jong buitelanders is op 16 Desember 2023 by ‘n huis in George gered nadat daar bevind is dat hulle klaarblyklik deur mensehandel in Suid-Afrika is.

Lasbriewe vir hulle inhegtenisneming is op 8 Maart uitgereik. Abudu is Donderdag volgens ‘n wenk in hegtenis geneem met twee paspoorte, verskeie bankkaarte en kontant van R29 000 in haar besit.

Die saak is tot 19 Maart uitgestel en Abudu bly in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief