Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Krokodil gryp hanteerder

Die voorval het na bewering tydens ’n vertoning by die Crocodile Creek-reptielpark in Greylands plaasgevind.

Kyk: Krokodil gryp hanteerder. Foto: Rusa
Kyk: Krokodil gryp hanteerder. Foto: Rusa

GREYLANDS, KZN. – ’n Man is Sondagmiddag ernstig beseer nadat die krokodil wat hy hanteer het, hom glo aangeval het. Die voorval het na bewering tydens ’n vertoning by die Crocodile Creek-reptielpark in Greylands plaasgevind.

Volgens Reaction Unit South Africa is hulle om 14:48 na die toneel ontbied. Met hulle aankoms was die man reeds na ’n mediese fasiliteit geneem.

Een van die besoekers het die video-materiaal aan Rusa oorhandig.

Volgens omstanders kon die hanteerder loskom, maar het glo ernstige beserings aan sy been opgedoen.

Waarskuwing: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

Kyk die video hier.

Bronne: Reaction Unit SA, Facebook