Meer as 80 aasvoëls sterf in KNP

Lees ook :

Meer as 80 aasvoëls sterf in KNP. Foto: Phathu Luvhengo

KRUGER NASIONALE PARK, SUID-AFRIKA. – Meer as 80 aasvoëls is in die noordelike area van die KNP dood nadat hulle glo aan die vergiftigde karkas van ’n buffel gevreet het. Die buffel is in ’n strik aangetref wat na bewering deur stropers gestel is.

Op 7 Maart 2024 het die Endangered Wildlife Trust en Moholoholo-wildrehabilitasiesentrum die park in kennis gestel van ’n kraai waarvan die opsporingstelsel gewys het hy beweeg nie.

Volgens Joe Nkuna, veldwagter, het hulle toe die vonds gemaak. ’n Hiëna het ook gesterf. Nkuna sê daar kon nie gesien word of die stropers die organe van die diere geoes het nie, aangesien die karkasse in ’n gevorderde stadium van ontbinding was.

Altesaam 86 aasvoëls se karkasse is verbrand nadat die ondersoek afgehandel is.

Twee witrugkraaie kon gered word. Daar sal binnekort met hulle rehabilitasie begin word.

Die KNP is ’n gereelde teiken vir stropers wat strikke vir wild stel of hulle vergiftig. Van die diere word vir hulle kommersiële waarde gestroop terwyl ander vir tradisionele medisyne gebruik word.

Bron: Sowetan Live, African Conservation Experience

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief