Brekende Nuus
Afrikaans

Trump waarsku oor ‘bloedbad’ as hy nie verkiesing wen nie

Trump het die kommentaar gemaak by ’n byeenkoms waar die moontlikheid van ’n “handelsoorlog” met China oor voertuigvervaardiging bespreek is.

Trump dreig met ‘bloedbad’ as hy nie verkiesing wen nie

fotokrediet: Wikipedia
Trump dreig met ‘bloedbad’ as hy nie verkiesing wen nie fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in hof

VSA. – Donald Trump het gewaarsku daar sal ’n “bloedbad” wees as hy nie in November die verkiesing wen nie.

Trump het die kommentaar gemaak by ’n byeenkoms waar die moontlikheid van ’n “handelsoorlog” met China oor voertuigvervaardiging bespreek is.

China is glo besig om ’n voertuigvervaardigingsfabriek in Mexico te bou. Trump het beloof hy sal 100% tariewe op elke voertuig wat hulle vervaardig plaas en keer dat hulle dit verkoop as hy verkies word.

Hy het gesê as hy nie verkies word nie, gaan dit ’n “bloedbad” wees vir die voertuigindustrie en vir die land.

Bronne: NBC News, AP News, Mail Online

Lees ook: AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in hof