Lees ook: ANC en MK-party vandag in verkiesingshof
Die MK-party het gesê die sluiting van Jacob Zuma se rekening by FNB is nie toeval nie.
Hulle het gesê dit sal Zuma direk affekteer, aangesien sy presidensiële pensioen in een van die rekeninge betaal word. Die partywoordvoerder het gesê die “tyd van die hofbevel is ontwerp om Zuma te verneder”. Hulle het gesê dit volg na hy ’n belangrike lid van die MK-party geword het en hulle glo dit kom van die ANC af.
Zuma het in Desember aangekondig hy ondersteun nou die MK-party en hy is nommer een op hulle kandidaatlys.
FNB het Sondag gesê sy rekening by die bank sal gesluit word na hulle ’n hofbevel van die KwaZulu-Natalse hooggeregshof ontvang het.
Bronne: IOL, African Insider, SurgeZirc SA
Lees ook: ANC en MK-party vandag in verkiesingshof





