Brekende Nuus
Afrikaans

ANC en MK-party vandag in verkiesingshof

Die ANC het gesê die MK-party het nie die regte prosesse gevolg toe dit by die OVK registreer het as ‘n politieke party nie.

ANC en MK-party vandag in verkiesingshof fotokrediet: Canva
ANC en MK-party vandag in verkiesingshof fotokrediet: Canva

Lees ook: DA ontbloot mislukte Noord-Kaapse grondhervormingsprojek

MANGAUNG. – Die ANC en MK-party is vandag in die verkiesingshof oor die registrasie van die MK-party by die OVK.

Jacob Zuma het in Desember aangekondig hy ondersteun die uMkhonto weSizwe-party, wat veroorsaak het dat hy uit die ANC geskors is.

Die ANC het gesê MK het nie die regte prosesse gevolg toe dit by die OVK registreer het as ‘n politieke party nie. Hulle wil hê die hof moet hulle registrasie skrap en hulle daarvan weerhou om die naam en logo te gebruik. Die ANC is ongelukkig, want MK is histories ‘n militêre eenheid gevorm deur die ANC en die SACP. Hulle sê dit is deel van hulle geskiedenis en erfenis.

Die OVK het gesê die ANC moes betyds  beswaar gemaak het teen die registrasie van die party. Die ANC het appelleer, maar dis van die hand gewys en die saak moes daar geëindig het.

Bronne: Jacaranda FM, SA People, ECR

Lees ook: DA ontbloot mislukte Noord-Kaapse grondhervormingsprojek