ANC en MK-party vandag in verkiesingshof

Lees ook :

ANC en MK-party vandag in verkiesingshof
ANC en MK-party vandag in verkiesingshof fotokrediet: Canva

Lees ook: DA ontbloot mislukte Noord-Kaapse grondhervormingsprojek

MANGAUNG. – Die ANC en MK-party is vandag in die verkiesingshof oor die registrasie van die MK-party by die OVK.

Jacob Zuma het in Desember aangekondig hy ondersteun die uMkhonto weSizwe-party, wat veroorsaak het dat hy uit die ANC geskors is.

Die ANC het gesê MK het nie die regte prosesse gevolg toe dit by die OVK registreer het as ‘n politieke party nie. Hulle wil hê die hof moet hulle registrasie skrap en hulle daarvan weerhou om die naam en logo te gebruik. Die ANC is ongelukkig, want MK is histories ‘n militêre eenheid gevorm deur die ANC en die SACP. Hulle sê dit is deel van hulle geskiedenis en erfenis.

Die OVK het gesê die ANC moes betyds  beswaar gemaak het teen die registrasie van die party. Die ANC het appelleer, maar dis van die hand gewys en die saak moes daar geëindig het.

Bronne: Jacaranda FM, SA People, ECR

Lees ook: DA ontbloot mislukte Noord-Kaapse grondhervormingsprojek

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief