Deesdae is Ruan Josh ’n bekende naam in die musiekbedryf. Hy was van kleins af lief vir musiek en sing. Tydens sy hoërskooljare het die toneelgroep waarvan hy deel was, ’n liefde vir die verhoog by hom gekweek.
Een van die hoogtepunte in sy loopbaan was om op die Krone 5-verhoog in 2018 te wees. “Elke sekonde terwyl ek op die verhoog was en saam met soveel talent kon optree, was waaroor ek altyd in my geestesoog gedroom het,” sê hy.
Hy beskou homself as ’n ongelooflike bevoorregte persoon om te kan doen waarvoor hy lief is en neem niks as vanselfsprekend nie. “As jy onwillig is om gegrond te bly in Hom, sal die Here iemand anders gebruik vir Sy werk.”
Sy tweede album Wysers word binnekort uitgereik. Hy wil sy musiek na so veel as moontlik mense neem, dus gaan hy landwyd toer. In sy beplanning is ’n gospelprojek waarvan hy nog nie veel mag sê nie. Verder skryf hy aan sy resepte vir ’n beoogde resepteboek, program of restaurant – watter een ook al eerste realiseer.
Weeksdae werk hy in ’n kantoor en oefen gereeld. “Ek maak tyd vir gesels, kuier en om in die natuur te wees. Dan hou hy ook daarvan om af en toe met ’n fliek te ontspan.
Hy wil sy aanhangers herinner om te onthou dat “elkeen hulle eie battle fight” en “almal moet net so ’n bietjie meer genade met mekaar hê.”
“Na elke winter, kom die lente en dit gaan ook vir ons in Suid-Afrika die geval wees. Net vasbyt.”
Besoek Ruan se sosialemediabladsye:








