Susterskind op moordklag in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT.- ‘n Man (23) het glo Vrydag omstreeks 12:30 sy oom (30) met ‘n mes op Sandrai-plaas gesteek en gevlug, waarna hy in hegtenis geneem is.

Sers. Mahlomola Kareli sê die verdagte en oorledene het saam gesit toe ‘n argument uitbreek en die oom glo deur sy susterskind gesteek is. Met aankoms van polisielede op die toneel is die lewelose liggaam van die oorledene op die grond onder ‘n kombers gevind. Hy het ‘n steekwond aan sy bors gehad.

Die verdagte is deur die Warden-polisie gesoek. Hy is op Mphatlalatsane in Phuthaditjhaba opgespoor en in hegtenis geneem.

Die verdagte sal op ‘n aanklag van moord in die Warden-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief