Ses vermiste vissermanne veilig gevind

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – Die ses vissermanne wat Saterdag met ‘n stewigeromp-opblaasboot visgevang en Sondag as vermis aangemeld is, is veilig, ongeveer 80 seemyl (meer as 128 km) suid-oos van Kaappunt, gevind.

Die NSRI en MRCC sê die soektog was suksesvol en die vissermanne is deur die DFEE Fisheries-patrolleerboot, die Ellen Khuzwayo, in goeie gesondheid met geen beserings nie, gevind.

Hulle het volgens verwagting ongeveer 10:00 vanoggend in Simonstad aangekom. Simonstad se reddingstuig het hulle met die intog begelei.

“The support and efforts of the maritime community as well as the extensive search carried out by DFFE Fisheries Patrol vessels Ellen Khuzwayo and Ruth First who extensively searched a plotted search grid taking sea drift, wind speeds and direction into account, by MRCC SAR Coordinator, is commended in the successful rescue operation.”

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Soek-operasie is geloods nadat ses vissermanne, vermoedelik van Houtbaai en Hawston, Saterdagaand op ‘n stewigeromp-opblaasboot met die naam Bertha Fishing Experience gaan visvang het en nog nie teruggekeer het nie.

Die NSRI is Sondagoggend deur bekommerde familielede, kollegas en vriende in kennis gestel, waarna alle rolspelers geaktiveer is. Die maritieme gemeenskap is versoek om op die uitkyk te wees vir die boot en die vissermanne.

Daar is in die omgewing waar hulle sou visvang en elders gesoek, maar tot dusver het die soektog nog niks opgelewer nie.

“It appears that they may have been deep sea South or South West of Cape Point late on Saturday evening.”

Al ses die vissermanne is as vermis aangemeld.

“We commend all vessels at sea that are assisting in this extensive search. An extensive search operation remains underway.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief