Lees ook: Prins Harry en Meghan het deur nuus uitgevind van prinses Kate se kankerdiagnose
VK. – Lady Rose Hanbury, wat volgens gerugte in die verlede ‘n affair met prins William sou gehad het, se prokureurs het ‘n regskennisgewing aan Stephen Colbert gestuur na hy ‘n grap oor die twee gemaak het.
In die episode van 12 Maart van die Late Show het Colbert ‘n grap gemaak oor Hanbury en die prins se beweerde skelm verhouding. Hy het gesinspeel daarop dat hulle is steeds in ‘n verhouding is terwyl prinses Kate gediagnoseer is met kanker en behandeling ondergaan.
Hanbury se prokureurs het gese die gerug is weer in die media oor die grap wat Colbert gemaak het. Hulle het gesê hulle het namens Hanbury aan almal geskryf om te beklemtoon die gerug is vals.
Bronne: NY Post, Vanity Fair, US Weekly
Lees ook: Prins Harry en Meghan het deur nuus uitgevind van prinses Kate se kankerdiagnose





